Cosmopolitan Good Housekeeping / Goeie Huishouding House and Leisure Marie Claire O, The Oprah Magazine Women on Wheels
Back to listing

Goeie Huishouding is hier!

17 October 2011

Goeie Huishouding en die Engelse weergawe, Good Housekeeping, is nou te koop, en alles dui daarop dat dit ʼn maandelikse moet-hê vir Suid-Afrikaanse vroue gaan wees.

“Ons is baie opgewonde dat Goeie Huishouding nou ook vir Suid-Afrikaanse vroue beskikbaar is, en ons kan nie wag om deel van hul daaglikse lewe te word nie,” sê Sally Emery, redakteur van Goeie Huishouding en Good Housekeeping. “Dis ʼn tydskrif wat direk tot ʼn vrou spreek oor alles wat vir haar belangrik is – insluitend haar gesin, haar huis, haar vriende en haar beroep – en lesers sal inspirerende wenke, vernuftige idees en bekostigbare kopies op elke bladsy van die tydskrif kry. Goeie Huishouding gee nie net erkenning aan die vele take in ʼn vrou se lewe nie, maar gaan een stap verder deur beproefde en getoetste inligting en betroubare raad aan haar te bied wat haar tyd, geld en moeite sal spaar.”

Op Goeie Huishouding se eerste uitgawe wat vir net R24,95 te koop is, pryk Heidi Klum, internasionale model, eggenoot en ma-van-vier. Vir die afgelope 126 jaar al bied Goeie Huishouding ‘beproefde, getoetste en betroubare’ raad aan meer as 30 miljoen  lesers wêreldwyd, en hierdie suksesresep gaan in Suid-Afrika voortgesit word.

“Oor die wêreld heen het navorsing bewys dat vroue hierdie handelsmerk ken, geniet en vertrou – hulle glo wat hulle in Goeie Huishouding lees. Ons eie navorsing het getoon Suid-Afrikaanse vroue is gereed vir ʼn tydskrif soos Goeie Huishouding, wat met sy vars, nuwe en positiewe inhoud en voorkoms van ander in die mark verskil,” sê Emery.

Die tydskrif sal maandeliks relevante inligting onder die volgende redaksionele afdelings aanbied:

·       Goeie Kopies − Van skoonheid en mode tot moet-hê-items, hierdie afdeling bied lesers ʼn verskeidenheid nuttige, prettige en bekostigbare kopies.

·       Goed, Beter, Beste Huishouding − Vernuftige idees, kreatiewe kulkunsies en maklike oplossings vir jou huis.

·       Goeie Gesondheid − ʼn Samevatting van slim maniere om gesond te bly, reg te  eet en fiks te raak.

·       Lyk Goed − Ál die skoonheids- en modenuus, goeie kopies en tendense.

·       ʼn Goeie Gegons – Bekendes gons oor hul huise, gesinne en modes.

·       Goeie Raad – Ons kundiges gee raad oor jou gesin, jou geldsake en jou lewe.

·       Kies Goed – Wat om te koop, te vermy en te weet. Hierdie afdeling sluit Goeie Huishouding se maandelike produktoetsing in, waar elke produk aan nougesette, deeglike toetsing onderwerp is. Dit sluit ook ʼn maandelikse rubriek deur ons verbruikerskenner in, wat lesers se navrae oor verbruikersake beantwoord.

·       Gunsteling-goed – In ons bekendstellings-tydskrif word 101 ditsem-dinge wat jy net eenvouding vir jou huis móét koop, oor ʼn allemintige 21 bladsye vertoon.

·       Goeie Kos – Toetskombuis-resepte, idees en wenke. En in ware Goeie Huishouding-tradisie word alle resepte in hierdie afdeling drie keer getoets om seker te maak dis maklik, vinnig en betroubaar. Koskenner Sharon Glass deel ook haar wenke met lesers.

“Gehalte en waarde is die egtheid-stempel van Goeie Huishouding, en lesers kan verwag om dit, tesame met ‘hoekom het ek nie daaraan gedink nie?’-idees dwarsdeur die tydskrif te kry,” sê Emery. “Lesers sal 12 vinnige, maklik-om-te-maak pastaresepte in ons bekendstellingstydskrif kry wat sommer ʼn vars bries deur aandetes sal blaas; daar is talle soorte swemklere wat elke vrou se figuur sal vlei, asook raad oor hoe om swemklere te kies wat haar op haar beste sal laat lyk én voel; asook kreatiewe afronding om ʼn dekorstyl vol moderne romatiek vir haar huis te skep,” sê Emery.

Die Afrikaanse en Engelse titels sal albei hul eie webtuistes hê, en albei webtuistes sal Goeie Huishouding se welbekende Stain Buster, kompetisies en nuwe inhoud bevat wat nie in die tydskrifte sal wees nie. Lesers kan aanlyn ingaan op www.goeiehuishouding.co.za en www.goodhousekeeping.co.za. Lesers wat verkies om Goeie Huishouding en Good Housekeeping op hul iPads te lees, kan elke uitgawe deur Zinio aflaai. Die digitale kopieë via hierdie platform kos R18,71 vir ʼn enkele uitgawe, of R168,41 vir ʼn subskripsie van 12 maande. Om op ʼn digitale uitgawe in te teken, besoek www.goeiehuishouding.co.za of www.goodhousekeeping.co.za en kliek op die inteken-skakels.

Die bekendstellingsaanbod van Goeie Huishouding is ook propvol fantastiese geskenke en wonderlike pryse, soos yskas-en-vrieskas-eenhede van Electrolux ter waarde van R36 000 en Le Creuset-kombuisware van R40 800. Vyf lesers kan ook stylvolle klere van Heidi Klum se lente-klerekas wen en vyf ander kan wegstap met Guess-skoene soortgelyk aan dié wat Heidi op die voorblad dra.

Daar is ook ʼn spesiale intekenaanbod vir die gedrukte been van die tydskrif. As deel van die bekendstellingsaanbod, kan lesers op die tydskrif inteken vir net R299,40 vir 12 maande én ʼn bykomende gratis geskenkinskrywing vir ʼn vriendin ook kry! (Dié aanbod is geldig tot 29 Februarie 2012.)

Om op die gedrukte uitgawe in te teken, doen net die volgende:

·       SMS ‘GH Inteken” na 32698 en ʼn lid van ons bemarkingspan sal u kontak, of

·       Bel 086 010 0204 en vermeld ‘GH GRATIS’

Vir meer Goeie Huishouding/Good Housekeeping:

·       Facebook (Afrikaans): www.facebook.com/GoeieHuishouding

·       Facebook (Engels): www.facebook.com/GoodHousekeepingSA

·       Twitter: www.twitter.com/GoodHouseSA